jump to navigation

Melancholy nostalgia for J Augustus 12, 2015

Posted by Blixer in Blixer.
add a comment

Life is so much more than an ordinary miracle Augustus 12, 2015

Posted by Blixer in Blixer.
add a comment

Imagine, spesiaal vir Rosalind Franklin……. Julie 14, 2015

Posted by Blixer in Blixer.
add a comment

Titelloos Julie 17, 2014

Posted by Blixer in Blixer.
1 comment so far

Ek het nou lank genoeg die begeerte om weer te blog onderdruk, maar om iets sinvols neer te pen is nie so maklik as wat ek gedink het dit sou wees nie. Vandaar die titel van die skrywe, dit nes die lewe ‘n paradoks.

My oupa het altyd gesê “die mens wik, maar God beskik” en hoe ouer ek word hoe meer kosbaar word hierdie woorde. Nie een van my vele planne het dusver uitgewerk nie, maar my lewe is wonderlik verryk deur “curve balls” wat ek nooit gesien kom het nie. Tien jaar terug sou ek nooit geglo het dat ek ‘n weduwee met 2 wonderlike kinders sou wees nie. 

Die lewe is tog ‘ wonderlik vol paradokse net sou Laurika sing “Wie sal ooit die liefde kan verstaan, nader as ‘n hartklop, verder as die maan”. Ek het geleer om hierdie paradoksale bestaan te koester.

Hopelik sal dit nie weer 2 jaar neem vir my volgende inskrywing nie. 

20 Reasons to date a doctor. Maart 15, 2014

Posted by Blixer in Blixer.
add a comment

20 Reasons to date a doctor.

Sommer net, want ek kan……. Junie 27, 2012

Posted by Blixer in Blixer.
2 comments

Forever reign

Die sekspes Junie 14, 2012

Posted by Blixer in Blixer.
3 comments

Ek en een van my oudste en dierbaarste vriende bel mekaar ten minste een maal ‘n maand dan praat ons vir ure – ja, ek weet dit klink na min, maar ons lewens is besig. Ou MV was ‘n 5 de jaar mediese student toe ek in my 4 de jaar saam met hom by  obstetrie roteer het. Van dag een was daar ‘n konneksie- hy sê ek is sy joodse sussie.

Ons praat gewoonlik Saterdae of Sondae met mekaar, maar gisteraand kry ek ‘n gevoel dat ek hom moet bel. Sy vrou, ook ‘n baie goeie vriendin sê my hy is effens af, y dink hy is oorwerk of daar is weer kinders wat hy moet opereer wat breinkanker het, dan raak hy mos maar so teruggetrokke. Isoleer homself- iets wat ek nóóit van mans sal verstaan nie. 

Sommer met “Hallo” kon ek hoor my vriend is in ‘n slegte plek. “Jy weet Sam, ek is so geskok in die wereld, ek dink die planeet is van sy as af, want die plek het mal geword”

Dit blyk dat my vriend- wat nog altyd net vriendelik en hulpvaardig was- aangekla is van seksuele teistering deur een van sy vroulike kollegas nadat hy haar gekomplimenteer het oor haar bloes. Nogal voor getuies wat self ook uit die veld geslaan is deur die aantuigings.

Nou wonder ek, van wanneer het dit seksuele teistering geword om iemand te komplimenteer, inteendeel ek hou daarvan as mense my komplimenteer. Nou is my vriend as gevolg van ‘n onskuldige opmerking, ‘n sekspes………..

Vervloek………. Mei 12, 2012

Posted by Blixer in Blixer.
4 comments

Ek het al begin wonder of ek nie vervloek is nie, as ek terugkyk oor my lewe en veral die laaste 3 jaar.

Met Jonathan se skielike dood, skuld gevoelens omdat ek hom nie kon help nie, skielik ‘n enkel ma te wees, ‘n kind met Asberger sindroom en ‘n hele lang lys waarmee ek niemand wil verveel nie. Die spreekwoordelike kersie op die koek is/was my bilaterale mastektomies.

Die storie ook die mastektomies gaan ek nou vertel. Einde laas jaar kry ons ‘n nuwe troetelkat wat nogals ironies is aangesien geen van my vorige katte getroetel wou wees nie, maar in elk geval, hierdie besonderse liefdevolle optel katjie gee die kinders toe omlope wat gou met die regte salf uitgesorteer is. Die is egter een Maandag oggend wat ek opmerk dat my een tepel so effens anders as gewoonlik lyk amper soos ‘n “rash” . Sonder om 2 maal te dink gryp ek die salf en wend dit aan, maar tog knaag daar ‘n onsekerheid in my agterkop oor hierdie skielike ekseemagtige uitslag. 

Die heeldag sus ek myself deur te sê dat seker ook ‘n omloop moet wees, maar as onkoloog weet ek wat dit is- Paget se siekte van die tepel. Nou omdat ek voltyds moeder is en nie meer praktiseer nie en boonop ook nog in ‘n stad bly waar bykans geen van my kollegas van my bestaan weet nie, gaan sien ek die plaaslike chirurg. As ‘mev’ en nie as ‘dokter’ probeer die chirurg vir my vertel dat ek neuroties is, maar ek oortuig hom toe wel dat ek nie gaan loop voordat daar ‘n biopsie geneem is nie.

Die biopsie bevestig my vermoede- snaaks hoe mens dit skielik nie wil glo nie. Bilaterale mastektomies en ooverektomies later is ek skoon, vir nou.

So is ek vervloek………………? Nee, ek is so geseënd! Ek sal my lewe en my kinders vir niks in die wêreld verruil nie.

Opinie oor die doodstraf, wat is joune? November 13, 2011

Posted by Blixer in Blixer.
7 comments

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/4-300-se-laaste-tree-na-hul-galgdood-20111112
Ek lees vandag in die Rapport die volgende berig, wat my skielik baie diep laat dink het. Vir diegene wat nie weet nie, hierdie is ‘n onderwerp wat ‘close to home’ is. So hier is my stuiwer in die armbeurs.

My eerste gedagte is dat Jonathan se moordenaars nie verdien om te lewe nie, maar ek het sedert daai koue dag in Februarie meer as genoeg tyd gehad om deur my emosies en die van my kinders te worstel, nagte se gehuil as die kinders slaap, ure deur die dag as ek alleen by die huis was. Mens kan net solank vir die waarheid wegkruip, face gaan jy hom face.
Ek is absoluut gekant teen die doodstraf, hoekom?
1. Dit dien nie as afskrikmiddel nie, jammer maar die ‘crack heads’ sou nogsteeds crack gebruik het en sou nogsteeds roof en moor vir hulle ‘fix’.
2. Vergelding kom my nie toe nie – Hoe kan ek my op God se genade beroep as ek geen genade toon nie? Hoe kan ek iemand wat nie gered is doodmaak?
3. Doodstraf bring niemand terug nie, maar dompel net nog families in rou.
4. Uit die aard van my beroep glo ek dat alle lewe kosbaar is en dit druis in teen elke grein van wie ek is.

Junie 29, 2011

Posted by Blixer in Blixer.
add a comment

poppies

In Flanders fields the poppies blow
Between the crosses, row on row,
That mark our place; and in the sky
The larks, still bravely singing, fly
Scarce heard amid the guns below.

We are the dead. Short days ago
We lived, felt dawn, saw sunset glow,
Loved, and were loved, and now we lie
In Flanders fields.

Take up our quarrel with the foe:
To you from failing hands we throw
The torch; be yours to hold it high.
If ye break faith with us who die
We shall not sleep, though poppies grow
In Flanders fields.

Lt.-Col. John McCrae (1872 – 1918)