jump to navigation

Opinie oor die doodstraf, wat is joune? November 13, 2011

Posted by Blixer in Blixer.
trackback

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/4-300-se-laaste-tree-na-hul-galgdood-20111112

Ek lees vandag in die Rapport die volgende berig, wat my skielik baie diep laat dink het. Vir diegene wat nie weet nie, hierdie is ‘n onderwerp wat ‘close to home’ is. So hier is my stuiwer in die armbeurs.

My eerste gedagte is dat Jonathan se moordenaars nie verdien om te lewe nie, maar ek het sedert daai koue dag in Februarie meer as genoeg tyd gehad om deur my emosies en die van my kinders te worstel, nagte se gehuil as die kinders slaap, ure deur die dag as ek alleen by die huis was. Mens kan net solank vir die waarheid wegkruip, face gaan jy hom face.
Ek is absoluut gekant teen die doodstraf, hoekom?
1. Dit dien nie as afskrikmiddel nie, jammer maar die ‘crack heads’ sou nogsteeds crack gebruik het en sou nogsteeds roof en moor vir hulle ‘fix’.
2. Vergelding kom my nie toe nie – Hoe kan ek my op God se genade beroep as ek geen genade toon nie? Hoe kan ek iemand wat nie gered is doodmaak?
3. Doodstraf bring niemand terug nie, maar dompel net nog families in rou.
4. Uit die aard van my beroep glo ek dat alle lewe kosbaar is en dit druis in teen elke grein van wie ek is.

Comments»

1. jagternw1976 - November 14, 2011

Ek sal oor punt Nr4 “comment”.:
Alle lewe is kosbaar… Nou wat stel jy voor gebeur met die gemors wat mense vermoor net vir hulle eie genot ?

2. Francois - November 15, 2011

Vir baie jare was ek pro-doodstraf totdat ek ‘n paar TV programme gesien het van mense wat na baie jare op “deathrow” onskuldig bewys is.

Imagine een van daai onskuldige mense is doodgemaak….

3. Francois - November 15, 2011

PS. Sam as jy dalk hier lees. Kontak my asb. by die mail adres waarmee ek gecomment het.

4. Blixer - November 15, 2011

Griffel, kyk in jou inboks.

Jagter- iets wat ek geleer het in die lewe is dat die sg morele hoë grond baie onvas is. As ek diendoodstraf sou voorstaan is ek nie maar ook skuldig aan moord nie?


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.