jump to navigation

Bo my vuurmaakplek….. Junie 29, 2011

Posted by Blixer in Blixer.
trackback

Dit is nou al ‘n geruime tydjie dat ek laas iets geplaas het hier op die blog. Nie dat ek nie wou nie, maar eerder ‘n geval van totale uitputting teen die tyd wat ek my laptop kon nader trek.
Die kinders is gelukkig, al wil hulle meeste van die tyd my nie onder hulle oe laat uit nie. Oupa en Ouma bederf hulle tot in die afgrond in. Ek sal my lewe vir hulle opoffer en soos enige ma sal ek tot die dood baklei om hulle veilig te hou.

Nou dink ek aan iets wat ‘n kollega my vertel het. En dit is hier waar die storie vir my so effens onverstaanbaar raak. Die betrokke kollega spoed die dag vir neurochirurgie en word oenskynlik van ‘n perifere hospitaal gekonsulteer oor ‘n 3 maande oue baba wat van ‘n bed afgeval het en presenter met ‘n shy op die kop. Soos protokol voorskryf word Allen kinders onder 3 met hoofbeserings “gescan”. Low and behold! Wat sal die skandering toon- ‘n traktus van ‘n skerp voorwerp wat die skedel gepenetreer het en die brein deurboor het. Na vele navrae in 4 van die amptelike tale hou die ma vol dat die kind van die bed geval het.

Om ‘n lang storie kort te maak-
1. Die maatskaplike werker glo die ma ten spyte van onteenseglike bewyse.
2. Die kollega is op die rooi tapyt omdat hy teen die maatskaplike werker se besluit die saak by die polisie aan te meld.
3. Hoekom sou die ma iemand wou beskerm wat haar baba beseer het?

Comments»

1. Xena Phoenix - Junie 29, 2011

:shock:

Dit is absoluut belaglik. Daardie maatskaplike werker moet uit die veld gehaal word.

2. jagternw1976 - Junie 30, 2011

Nuskierig : Is die maatskaplike werker wit of swart ? (En moet my nie kruisig oor die vraag nie)

3. Blixer - Julie 1, 2011

Ek stem saam dat die maatskaplike werker ontslaan moet word, maar ongelukkig is daar nie ‘n kinderhuis om die kind by te plaas nie.

Daar was glo twee maatskaplike werkers gewees, ‘n wit en ‘n kleurling een.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.