jump to navigation

Daylight robbery courtesy of ABSA! February 20, 2011

Posted by Blixer in Blixer.
Tags: , , , ,
trackback

Soos meeste nou teen die tyd weet het ek Junie in Europa spandeer- all expenses paid en ek het nog benewens alles ‘n klein S&T toelaag gekry. Nou weet ek nie of dit is omdat ek ‘n Jodin is of nie, maar ek het my S&T toelaag baie goed bestuur, sodanig so dat ek ‘n paar euro Suid-Afrika toe gebring het.  As gevolg van omstandighede het ek nie tyd gehad om die euros in rande om te sit nie- nie in Europa op CDG in Parys nie en ook nie by O.R Tambo in Johannesburg nie. En dit is presies hier waar ek tot op hede die GROOTSTE gly in ABSA- spesifiek- en al die Suid-Afrikaanse banke gevang het!

Terug in Bloemfontein- nadat die tas eers uitgepak was en al die geskenkies uitgedeel was is ek na die naaste ABSA tak toe. Hou asseblief in gedagte dat vlgs www.news24.com die euro @R12.48 verhandel het- nou ja, wat bied ABSA my vir ‘n euro aan? R11,90 en hulle vat 2% kommisie.  Sou ek dieselfde dag euro’s gekoop het sou ek R13,12/euro betaal het plus natuurlik die 2% kommisie. Ek kan natuurlik nie die euro’s direk in my rekening inbetaal nie, want dan sal die struikrowers nie geld maak nie! Ek het toe gelukkig teen ‘n ietwat beter koers die geld by Standard Bank geruil. Nou het ek letterlik ‘n beursie vol geld wat ek moet deponeer- terug ABSA toe- en die bliksems vra my R100 bankfooie omdat ek kontant deponeer!

Trevor Manuel kla gedurig dat die gemiddelde Suid-Afrikaner nie spaar nie, maar alles op krediet koop. Feite, maar wie kan spaar as die banke jou geld so steel? My suster se dogtertjie is 10 jaar oud en het ‘n spaarrekening by ABSA- elke maand word daar geld vir haar gespaar- dws slegs depositos en geen ontrekkings nie. Verjaardag gelde ens word ook gespaar asook enige oorskot van haar sakgeld. Hoe leer jy ‘n kind om te spaar as hy/sy R100 deponeer en direk na die deposito net R92 het, einde van die maand word die ‘admin kostes’ verhaal van die rekening en dan is daar net R 84 van die oorspronklike R100 oor. Sy is gelukkig sy kry darem 2,25% rente per jaar! G’n wonder Suid-Afrikaners koop alles op krediet nie- dit is goedkoper as om te spaar!

Die ontstaan van die frase ‘Daylight robbery’:

Meaning

Blatant and unfair overcharging.

Origin

This isn’t used to describe actual robberies – whatever time of day they might take place. It is a figurative phrase that associates an instance of unfair trading with actual robbery. Not just any old robbery, but one so unashamed and obvious that it is committed in broad daylight.

It would be nice to locate the origin of this phrase, so let’s go back to the 1690s. Like many English monarchs, William III was short of money, which he attempted to rectify by the introduction of the much-despised Window Tax. As the name suggests, this was a tax levied on the windows or window-like openings of a property. The details were much amended over time, but the tax was levied originally on all dwellings except cottages. The upper classes, having the largest houses, paid the most. Some wealthy individuals used their ability to pay as a mark of status and demonstrated their wealth by ostentatiously building homes with many windows.

Hardwick Hall - more glass than wallWhat the Cavendish family, who owned Hardwick Hall (built 1590s), thought about it isn’t recorded. On the one hand, they had cause for complaint – the property was famous for its light and airy interiors, as celebrated in the rhyme: “Hardwick Hall, more glass than wall”. On the other hand, they were extremely rich and well able to pay.

Taxes are rarely popular, but the Window Tax, which was considered to tax the very stuff of life, i.e. light and air, was singled out for particular loathing. People went to great pains to avoid paying it and many windows were bricked up for that reason. Many examples of buildings with brick window panels, sometimes with painted-on trompe l’oeil windows, still survive.

fake windows - avoiding window taxThe sight of such windows is so much part of the English architectural folk memory that the example pictured, of a recently built property in Poundbury, Dorset, appears to have been built with fake bricked-up windows, even through the tax itself is long since abolished.

So, that’s the case for the prosecution: the English were robbed of their daylight by the Window Tax. That’s daylight robbery in anyone’s book, so do we need to look any further for the origin of the phrase? Well, yes we do.

Let’s move to the 20th century for the case for the defence. The phrase isn’t known in print until 1916 in Hobson’s Choice, a comic play by Harold Brighouse. Even there the context doesn’t explicitly link it to unfair overcharging or the like. We have to wait until 1949 for a citation that is clearly related to a purchase, in Daniel Marcus Davin’s Roads from Home:

“I can never afford it, said his sister. It’s daylight robbery.”

So, if the phrase came from the Window Tax, why no mention of it in print for over two hundred years after the tax was introduced?

If we are looking for evidence that is beyond reasonable doubt, the Window Tax story doesn’t provide it. Unless and until evidence that relates the phrase to the tax is found we have to say that the origin is unknown

Comments»

1. Nats - Julie 14, 2008

Hi da Blixer!

Ek stem, as jy geld trek / deponeer vat hulle geld! Hulle vat selfs geld al het jy net die “oortrokke rekening” opsie – jy gebruik dit nie eens nie! En kaart fooie… hkm? Ons betaal klaar hoeveel elke maand!! En dan vra ons onsself hoekom die CEO R1m+ elke maand salaris verdien!!!!!

2. Dikkop - Julie 14, 2008

Hi Blixer,

Ek het redelik lanklaas by BP of hier iets gecomment. Dis nou so in my kraal hierdie storie van jou. Ek spandeer elke twee maande so twee weke in ons DRK kantoor. Soos jy, gebruik ek ook my S&T’tjie baie oordeelkundig, maar heellaas, as ABSA eers die $’s sien dan K*k jy maar net af. Groete.

3. boerinballingskap - Julie 14, 2008

Ek het absoluut GEEN tyd vir Suid-Afrikaanse banke nie! Jou ervaring verbaas my glad nie.

4. demoerin - Julie 14, 2008

Dis ‘n sad situasie, die beste uitweg natuurlik om na elke trip maar die Euro’s te bêre vir volgende keer. Die banke sal altyd geld maak, en nie net bietjies nie, emmersvol!

5. Wipneus! - Julie 14, 2008

Blixer, hierdie banke maak ‘n gros geld uit ons uit. Ek het my nou die dag dood geskrik toe ek sien wat ek aan bankkostes betaal per maand!! Natuurlik bank ons by ABSA!!

6. demoerin - Julie 15, 2008

En die ding is dit is definitief nie die wêreld norm nie! Ek werk vir Grieke en hulle vind dit lagwekkend wat in hulle rekeninge aangaan sover kostes ens. aangaan! As jy my vra staan die banke saam en maak lekker geld. Daar is nie kompetisie nie…waar is die Competitions Board dan nou?

7. Eendjie - Julie 15, 2008

Ons het seker van die duurste banke in die wêreld – dit is geen geheim dat Suid-Afrikaanse banke met moord wegkom wanneer dit by bankkostes kom nie. Vraag is net: Wanneer gaan iemand iets daaromtrent doen? Of “score” die regering weer iewers daarby? Of is dit nou ‘n simpel vraag???

8. Emil - Julie 15, 2008

Daylight robbery. Ek kan nie wag om in die Midde Ooste te gaan verdien nie waar hierdie kostes nie bestaan nie.

Daar is tans ‘n taakmag aangestel om hierna te kyk juis omdat mense met lae spaarsaldo’s negatief groei vanweë die kostes. Stel jou voor: jy spaar ‘n R100 en vir ‘n paar maande niks meer nie en woeps – weg is geld vanweë kostes.

9. christolouw - Julie 15, 2008

Ek kan myself nou uiteindelik ‘n blogger noem en nie meer net ‘n commenter nie check my blog uit . http://christolouw.wordpress.com/
Geluk Griffel jy is amptelik my eerste commenter.

10. jaans - Julie 15, 2008

Ja, die bankkostes is siek. Ek betaal ‘n paar rand elke keer as ek my kaart gebruik (êrens indruk, by ‘n OTM of winkel of so), en ek betaal ook s.g. “internet banking charges” van R20! Kan jy dit glo? Per maand?! Ek wonder hoe duur dit dan is om ‘n website op te hê? As duisende mense elke maand R20 betaal, dan het die bank niks meer onkostes om te dek nie!

11. Blixer - Julie 15, 2008

Ironie van die saak is dat in Ierland en elders in Europa is die bankdiense of verniet of spotgoedkoop! Die prima uitleen koers is 5% vir huislenings en die banke betaal 4% rente op jou spaargeld. Hoe werk dit? Ek is nou moeg om gemelk te word deur elke instelling. Het julle geweet dat die diensfooie op ‘n boedelrekening (word wetlik vereis om een te hê) R125 per maand is? So as jou boedel na afsterwe 10 maande neem om afgehandel te word kos dit R1250.!!!!

12. butch - Julie 15, 2008

Hi Blixer
Ek het ‘n besigheid in die stad. ek vermy om die kontant te bank, want omdat dit ‘n kontant besigheid is word alles kontant aangekoop. Ek weet ek vat ‘n risiko, maar Absa kan vir my part in hulle moer in vlieg. “Kontanthanterings koste”
Groete

13. rosalindfranklin - Julie 15, 2008

Ek is omtrent so goed met geld soos ek met netbal is, kaptein van die E-span.
Maar as ek geld deponeer betaal ek…maak nie sin nie. ‘n Spaarvarkie maak meer sin.

14. TristonJ - Julie 16, 2008

Ek dink ons moet terug gaan na die onder die matras metode! Dis darm waarlik erg!

15. demoerin - Julie 16, 2008

Ek like die daylight robbery stukkie.

16. Rustig - Julie 16, 2008

Ek het lening by FNB gehad. Brief sê lening eindig Augustus 2007. Februarie 2008 FNB trek klomp geld uit rekening. Hulle besf dat hulle verkeerd was en dat leing eers Augustus 2008 moet eindig. Wrod nog rente ook gevra vir agterstallige paaiemente. Kan nie wag om hulle te sien as ek September na SA gaan.
Geen word Jesus het die geld skieters by die tempel uitgejaag nie. Hy het geweet die goed is en sal altyd skelm bly.

17. Emil - Julie 16, 2008

Teehee, oulike foto by Leon se blog. Lyk so na een wat ek by lostong gesien het :wink:

18. wimpie - Julie 23, 2008

eish…

suid-afrikaanse banka kom weg met moord, en jou spaargeld, en jou salaris en, en, en…


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.