Ek wonder…….. Augustus 17, 2010
Posted by Blixer in Blixer.trackback
Ek wonder oor ‘n hele paar goed, sommige baie diep, maar die meeste sommer maar net goed wat my getref het..
1. Vind swart mans vrouens se borste eroties- ek weet wit mans vind vrouens se borste eroties, of is dit net melkkanne vir die kinders?
2. Het elkeen net een ware soulmate?
3. Moet dit noodwendig van die teenoorgestelde geslag wees as jy heteroseksueel is?
4.Wat doen Rosalind nou?
5. Hoekom is die leerplanne in die skole so onlogies?
6. Wat het van Bosparra geword?
7. Is die Springbokke regtig so swak of is hulle besig met so ‘n bietjie kamofleer werk voor 2011 se wereldbeker?
8. Gaan Griffel my ooit nooi vir rugby en bier?
9. Hoekom dink ander vrouens ek sal hulle mans afvry?
10. Hoe kom die meeste mense met die weirdste soekterme op my blog uit?
Nou het jy my wonder lysie net nog langer gemaak
1. Natuurlik! Maar nie in afsondering van die res van ‘n vrou nie. Hoekom sal swart mans nou anders wees wat dit betref?
2. Jy dink die antwoord moet “Ja” wees, maar dit is nie.
3. Sien 2
4-8. Weet nie
9. Almal het maar ‘n onsekerheid
10. Dit gaan maar so, met my en ander bloggers ook
PlaasJuppie- oor ‘n bottel rooiwyn sal ek waarskynlik ‘n boek kan vul met al my vrae.
Eelt- dankie vir jou bydra. Oor nommer een- ek sien nooit swart mans wat staar na ‘n vrou wat borsvoed se borste nie, maar wit mans…..
Vind swart mans vrouens se borste eroties- ek weet wit mans vind vrouens se borste eroties, of is dit net melkkanne vir die kinders?
- Ek dink hulle is vir jare so gewoond om swart vrouens se borste te sien dat die ouer garde dit seker as melkkanne sien – ek dink wel die jonger “swart” garde vind dit eroties.
Het elkeen net een ware soulmate?
- Nee, ek het na die dood van my vrou gedink ek sal nooit weer hin soulmate hê nie, maar helaas, ek het WEER my soulmate ontmoet en kan waarlik daaroor getuig.
Moet dit noodwendig van die teenoorgestelde geslag wees as jy heteroseksueel is?
- Sjoe, ek verstaan nie eers die vraag nie….. maar ek dink die antwoord is dalk 12?
Wat doen Rosalind nou?
- Geen idee.
Hoekom is die leerplanne in die skole so onlogies?
- Want hulle probber hulle bes om die voorheen benadeelde gemeenskap ook te akkommodeer. Ek het twee tienerdogters (Std 5 en 6) in die huis en my bek hang oop as ek sien watse absolute strooi hulle leer!
Wat het van Bosparra geword?
- Bosparra bly tans op http://www.bosluis.co.za (hou ons dop….. smoke and mirrors, jy weet mos.
Is die Springbokke regtig so swak of is hulle besig met so ‘n bietjie kamofleer werk voor 2011 se wereldbeker?
- Ek dink 70% kamofleer en 30% swak (lees onfiks). Ek dink werklik dat Div na die wereldbeker die “ouer” manne moet laat aftree en die jonges weer opbou.
Gaan Griffel my ooit nooi vir rugby en bier?
- Wel, kom ek maak jou hin deal – as ek weer by hom kuier maak ons vooraf plan dat ek, jy en hy ‘n lekker wedstryd in FNB staion of Loftus gaan kyk. Dit gaan net moer moeilik wees om hom te oortuig dat daar ander spanne behalwe die Lions bestaan, en ook dat Earl Rose nie die Rugby Messiah is nie!!!!
Hoekom dink ander vrouens ek sal hulle mans afvry?
- Want hulle word deur jou rugby kennis, looks en MOERSE intelligensie ge-intimideer.
Hoe kom die meeste mense met die weirdste soekterme op my blog uit?
- Dit is baie tegnies en sal jou op hin ander stadium antwoord.
Shalom…
Jissie. Net toe ek moed opgee kom jy weer hier aan. . Met ‘n klomp stoepid vrae, nogal. As jy so aangan gaan jy my weer bietjie inspirasie gee. Ek het vanoggend ‘n kar op ‘n disabled paarkeerplek sien staan en bn jou gedink. Jou adrers is nogrteeds op my cel se favourite lys lank nadat bosparra verdwyn het. Kom gou weer en ae my op fb.
Daar is mos nie iets soos ‘n stoepid vraag nie……..
Moenie alles glo wat almal jou vertel nie, he he he.
‘In the age of Google any question is a stupid question.’
Harry Louw
Waar woon jy deesdae Sammy O Jy moet FB toe kom. Die era van blogs is verby. Add my.
Haai Blixi,
Fokk het jou so mooi beantwoord. Ek dink die vraag oor ander getroude/saambly vroue is doodeenvoudig projeksie. Hulle dink alle vrouens moet oor hulle mans voel soos hulleself.
hallo daar. hoop jy blog weer: ek’s terug of nuwe blog 4)
1) Ja natuurlik ( ek dink)
2)Nee
3)Nee
4)Hierso!
5)Diefokweet
6)Weet nie
7)Weet niks van sport af nie – dalk kroek hulle?
8)Weet nie
9)Insecure
10)Nadat hulle by my was
Haai blommie, jy was hier!
Loop doodtoevallig hier in, en sowrintiewaar, daar staan iets wat nie laas hier was nie! (en die datum laat my dink dat ek heeltemal te lanklaas hier ingeloer het!)(o, en maak my bly dat ek nie die enigste een met n afwesige blog is nie!)
kom ons kyk:
1.Nee, ek dink nie so nie. die ougarde in elk geval. toe dit nog tradisie was vir vroue om bostukloos rond te loop… weet nie, rerig.
2.Nee, ek dink nie so nie.
3. Hel, ek weet nie, wil ja sê, want dit sal vir my weird wees as dit nie is nie. maar dis net ek.
4. Sy blog darem weer (sien haar kommentaar bo)
5. uhmmmm… want logies sou aan ‘apartheid’ herhinner?
6. blykbaar het die padda in ‘n bosluis verander
7. ek hoop vir kamoefleer, maar glo half die teendeel… (of dalk is helium maar net nie ‘n goeie verbode substans nie?)
8. Het jy hom al gesê hy moet (of gevra om te?)
9. Geen idee nie. ek dink nie jy sal nie (maar dan, ek’s nie normaal nie)
10. uhmmm…. oor google nie die antwoorde ken nie?
Hi Blixer! Bly om te sien hier gaan weer ietsie aan!
Mis jou skerpgeit Sam!
Onthou jy hoe ek en jy nog ons so “stinkryk” gehou het op Bosparra?
Stertkte vorente. Ek kom weer inloer!
Cheers!
Vonkie.